S8W in Afrikaans!
S8W – in Afrikaans!
Baie Welkom aan elke besoeker, elke vriend, elke broer en suster in Christus!
Hierdie is die Afrikaanse webtuiste van SECOND 8th WEEK MINISTRIES (kortweg S8W), genoem na die tyd waarin ons is, met spesifieke verwysing na GOD se Kalender.
Loer gerus in by ons LEER MEER BIBLIOTEEK!
********************************************************************************************
Hierdie webwerf het ten doel om die WARE KENNIS VAN JESUS CHRISTUS te deel ter voorbereiding van die Bruid vir die koms van Christus. As geroepenes van Christus in die geestelike regering van Sy kerk beoog ons om gelowiges te onderrig in die ware lering van Jesus Christus, volgens die beloftes en voorskrifte van die Tweede Verbond, sodat gelowiges Hom sal dien in Gees en in Waarheid, om die herstel van die kerk van Christus volgens Sy wil deur te voer. Ja, hierdie is die laaste generasie waaroor daar geprofeteer is, die in wie die verborgenhede van Christus volmaak sal word sodat Sy Bruid vlekkeloos en sonder rimpel voor Hom kan staan in geregtigheid.
DIENAARS VAN GOD IN DIE TWEEDE VERBOND
Terug na die Verbond van GOD! Terug na die Wet en die Profete!
Die Tweede Verbond van Jesus Christus vervul die Eerste Verbond onder Moses, funksioneer onder die Wet van Genade en Waarheid en vervul dus alle kontakpunte van die Wet van Moses. Die tweede verbond behels geestelike kontakpunte, aangesien die dinge van die vlees GOD nie behaag nie.
Gelowiges wat God nog wetend of onwetend dien volgens die Eerste Verbond sal hier onderrig ontvang in die Wet van Christus om Hom korrek te dien volgens Sy voorskrifte in Sy tweede Verbond en met sekerheid te kan weet dat hul geloof vir God aanvaarbaar is.
RESTORASIE OF HERSTEL VAN DIE WARE KERK VAN JESUS CHRISTUS
Ons weet dat die gemiddelde kerk denominasie minder of onbekend is met die 5 roepings of bedienings soos ons in Efesiers 4:11-12 deur die apostel Paulus geleer word. Apostels, Profete, Leraars, Evangeliste en Pastors is die Geestelike Regering van die Liggaam van Christus met Jesus Christus Self as die Hoof van Sy Liggaam, die Kerk.
Baie gelowiges het grootgeword met die idee dat al hierdie bedienininge, of ten minste sommige daarvan verval het sedert die ontwikkeling van die vroegste kerk soos ons in die boek Handelinge daarvan lees.
Op hierdie webwerf sal ons deurentyd gesels oor die belangrikheid van GOD se Geestelike Regering in sy Kerk. Ons moet verstaan hoe GOD se Koninkryk op aarde funksioneer en waarom Hy spesifieke funksies aan spesifieke roepings toegeken het.
Hier sal ons leer en verstaan waarom selfs ‘n klein stukkie vals kennis oor GOD soos suurdeeg is wat die hele brood bederf. (Jesus gebruik die voorbeeld van die suurdeeg van valse leerstelling in Matt 16:6, 12). Hier sal ons leer hoe om te onderskei tussen die werke van die vlees en die werke van die Gees.
MAAR WAT PRESIES BETEKEN DIE TERM S8W?
• Restorasie van die Kerk en
• Evangelisasie van die wêreld - in voorbereiding vir die terugkeer van Christus.
Hos 4:1,3 “Hoor die woord van die HERE, o kinders van Israel! Want die HERE het ‘n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.…Daarom treur die land…”
Wanneer God Waarheid en Kennis herstel deur die Hoofskap van Jesus Christus, en die bediening daarvan deur ware apostels,sal die wêreld genesing en bevryding ondervind,en die naam van Jesus Christus sal verheerlik word.
Hierdie tyd wat God aangewys het vir die Restorasie van Sy Waarheid en Geestelike Regering sal kom met groot Genade en Krag,‘n tyd wat selfs die manifestasie van krag van die Eerste 8ste Week sal oorskry.
WAT IS die EERSTE 8STE WEEK?
Die Eerste 8ste Week in GOD se tydsraamwerk is die bediening van Jesus Christus op aarde toe Hy die koninkryk van GOD naby gebring het deur die verlossing van die mensdom aan die kruis te bewerkstellig.
Joh 3:16 -Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Hierdeur het Hy die Tweede Verbond met Sy bloed gekoop
Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ’n ewige verlossing teweeggebring (Hebr 9:11-14)
IMPLIKASIES VAN DIE TWEEDE 8STE WEEK (S8W )
Die Tweede 8ste Week:
- is die eindtyd herlewing waaroor geprofeteer is, die finale beweging van evangelisasie waarvoor die Liggaam van Christus gewag het,
- Dit sal dinamies en wêreldwyd duidelik waarneembaar wees,
- gelowiges sal in EEN liggaam verenig word, deur die aanvaarding van een geloof gebou op dieselfde ware kennis van Jesus Christus.
- Die sondaars wat die genade van God aanhoudend verwerp en verkies om onverskillig teenoor Hom te bly staan, ten spyte van hierdie groot uitstorting, sal die wraak van GOD moet verduur.
- Al die nasies van die wêreld sal die uitstorting van God se liefde, krag en genade ondervind, wat Hy gereserveer het vir die Tweede 8ste Week, die Week van Geregtigheid. Hierna kom die Groot Verdrukking wanneer sal God Sy wraak sal uitstort op die ongehoorsames aan Sy Verbond.
- In Openbaring 6:16 lees ons dat die sondaars op daardie dag sal uitroep na die berge en rotse: “Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;” Ons sien die oordeel van God se waarskuwings alreeds in die verwoesting wat plaasvind deur aardbewings, tornado’s, brande en ander natuurrampe, maar nog steeds is daar geen besef van die regverdige oordele van GOD nie.
Waarom sal sondaars so uitroep gedurende die Verdrukking? Vanwee die getuienis van die Liggaam van Christus wat weereens EEN sal word en die suiwer Woord en Krag van God so prominent sal wees gedurende die Tweede 8ste Week, die Week van Geregtigheid, dat alle sondaars sal weet wie die die ware God is en wat Sy plan van verlossing deur Jesus Christus behels. Die sluier van onkunde en blindheid sal nie meer bestaan nie. Hulle verwerping van Jesus Christus sal nie meer verskoonbaar wees nie. Hulle sal nie meer kan sê die godsdienste van die wêreld het hulle verwar of hulle het gedink het hulle God op hul eie manier kan dien of dat hulle nie geweet het wie Jesus is nie.
Lees gerus verder oor die 10 weke in GOD se kalender!
********************************************************************************************************************
“Geseend is die wat eet van die ware kennis van Jesus Christus, want hulle sal warlike gevoed word en versadig word”.
Saam bid ons vir die verligting deur die Genade van God – om ons wakker te maak tot Sy oproep, ons ‘n honger en dors te gee na Sy Waarheid.
Mag die Liefde van GOD en die Genade van ons Here Jesus Christus met jou wees. Amen
If you prefer English or would like to learn much more, please visit the Library of Second 8th Week Ministries.
Indien jy Engels verkies, of graag meer wil leer, besoek gerus die Biblioteek van Second 8th Week Ministries!




